Die tsamma (Citrullus amarus) is 'n subtropiese plant inheems aan die droë streke van Suider-Afrika. Sy vrug word tradisioneel benut as 'n belangrike bron van voedsel en water. Dit is 'n familielid van die waatlemoen. Dit is in die familie komkommeragtiges wat bestaan uit verskillende pampoentjies, spanspekke en kalebas. Die vrugte het 'n harde, wit vleis, wat dit minder geneig maak om rou geëet te word. Dit word meer gereeld gepekel of gebruik om vrugte te produseer en word vir veevoer gebruik.[3] Dit is veral nuttig vir vrugte preserveer, omdat dit 'n hoë pektien inhoud het.