Liewe Vriendin,
Dit is my harts begeerte om jou te help, en ek besef dat finansies vir ons almal 'n krisis is.
Ek ervaar dit egter sterk in my hart om hierdie spesiale mengsel suiwer olies, beskikbaar te maak teen 'n afslag prys om mense by te staan, maar waarlik dit nie kan bekostig nie.
Daar is twee opsies.
1 - is hierdie opsie, en dit is genoeg mengsel om jou tussen 3-5 maande te hou afhangende hoe jy dit gebruik. Ek vra egter dat jy met my kontak moet hou en deel word van ons ondersteunings WA groep. Ek wil nie he jy moet net produk kry en dan word jy net gelos nie.
2 - Jy kan die normale opsie kies en oor 2 maande of 3 maande afbetaal deur reelings met my te maak - ek het net een voorwaarde, en dit is dat jy self sal kop hou van die betalings, en dit ooreenkom sonder dat ek hoef na te vra daaroor. Ek het net nie tans die kapasiteit om dit te bestuur nie, maar ek vertrou elke dame daarmee
Ek vra bitter mooi dat die persone wie wel hierdie opsie opneem, eerlik sal wees en dit vir hierdie doel aanwend en nie vir herverkoop, verspreiding, self bemarking, geskenke ens nie.
Ek het beperkte fondse om hierdie beskikbaar te stel, en doen dit volkome op geloof en vertroue.
Baie liefde
Catherine van Aarde