Handgemaak deur Mel het begin in 2020 waar ek geïnspireerd was om klere te maak wat jy nie aldag in winkels kry nie. My passie is om produkte te gee wat goeie kwaliteit is en handgemaak is. Dit kom met uitdagings soos regte materiaal opsies of watse patrone ek ookal wil gebruik, maar ek weet dat wanneer jy by my bestel kry jy iets wat met liefde gemaak is en wat hopenlik generasies kan hou.